
=====================================================================
Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief

Myra Lochner   en Helena Liebenberg   het in April 1997 in George beslag gegee aan 'n onderneming wat daarna strewe om volwassenes en 
kinders in hul moedertaal in staat te stel om hul volle potensiaal te bereik. Liebenberg vertel waarom dit gaan.

"GRONDSTOF in die grysstof." Dit is die leuse van ons breinkind, Afrikaans Kreatief. Alhoewel die onderneming nie hoofsaaklik 
beroepsgeorinteerd is nie, kry deelnemers te doen met belangrike entrepreneursbeginsels: die identifisering en ontwikkeling van 'n 
bemarkbare kreatiewe produk, die opstel van 'n sakeplan, die blootstelling aan "korporatiewe" rolverdeling en die aanleer en verfyning van 
'n bemarkingsetiek.

Di elemente is van wesenlike belang in elke beroep -- maar veral in die kunstewreld, aangesien kunstenaars dikwels nie toegerus is of 
voel om hul eie produkte te bemark nie en gevolglik aansienlike agentekoste aangaan.

Die eerste projek waarmee ek en Myra vir Afrikaans Kreatief 'n pad gebaan het, is ons Skoolprojek. Hierdie projek bied 'n geleentheid vir 
Afrikaansdenkendes om op 'n positiewe wyse 'n eie, 'nieke rol te vervul in die nuwe Suid-Afrikaanse samelewing: di van kreatiewe 
entrepreneur. Die skoolprojek is 'n kort, koste-effektiewe kursus om perspektiewe te open vir die geesdriftige taalgebruiker.

Bepaalde riglyne word gevolg

Die projek word binne klasverband deur ons as die projekleiers van Afrikaans Kreatief bekend gestel. Tydens hierdie beginfase word veral 
klem gel op 'n uiteensetting van en 'n orintasie tot die projek, motivering, samewerking, kommunikasie, bemarkingsbeginsels en 'n 
kerngesonde eie identiteit. Hierna tree die onderskeie onderwysers (vir taal, musiek, kuns en geskiedenis) as "interne" projekleiers op.

Identifisering van individuele talente

* Alle skeppendes het 'n eie potensiaal; vir elke potensiaal is daar 'n "markS: verbruikers waardeer verskillende kunsvorme verskillend en 
ook op verskillende vlakke.
* Elke deelnemer moet die hart van sy eie talent ontdek: dit wat hy graag wil doen. Sy produk verkry daardeur geloofwaardigheid, juis omdat 
hy daarin glo -- 'n kernvereiste vir suksesvolle bemarking. Die skepper is die eerste koper van 'n produk!
* Dit is egter moontlik dat blootstelling aan verskeie kunsvorme verskuilde talent na vore kan bring; die deelnemer kan sodoende 'n eie nis 
binne die projek bepaal.
* Die kundigheid van die onderwysers is noodsaaklik om die deelnemer te ondersteun in die identifisering van hierdie nis.

Afbakening van onderwerpe

* Deelnemers kan in die volgende afdelings meedoen: gedigte; lirieke; limerieke; flitsprosa, d.w.s. kernindrukke in prosavorm; nuwe 
gesegdes of idiome, of uitbeeldings van bestaande gesegdes/idiome; nuutskeppings; pleknaamontledings; kort, komiese anekdotes of 
oorspronklike grappe; grafiese ontwerpe in monokleur; beeldhouwerk; skilderye; bordspeletjies; kort toneelstukke of monole.
* Benewens voorafgaande kan deelnemers ook ander idees in die groep toets en as die lede dit goedkeur as produk aanbied.

'n Bepaalde werkwyse word gevolg

* Die projek geskied binne klasseksieverband. Deelnemers (leerlinge en onderwysers) groepeer binne die verskillende afdelings. 'n Sakeplan 
word opgestel en die spesifieke afdeling word deur groepbesprekings duidelik omlyn en met voorbeelde toegelig voordat elke individu sy 
produk of gedeelte van die totale produk aanpak.
* Die individuele pogings en di van die groepe word sonder verwyl ingelewer en punte word toegeken. Al die produkte in elke afdeling van 
elke klas word hierna voorberei.
* Alle produkte wat gelewer is, dien as voorbeeld en aansporing, sodat leerlinge as individue optree of op soortgelyke wyse self groepe 
vorm, waar elke lid 'n bydrae lewer in die skep van 'n gesamentlike produk.

Die Horskool Outeniqua was die eerste skool wat hierdie konsep vir sy taalklasse aanvaar het. Hieruit het gevolg dat die eerste 
tentoonstelling van Afrikaans Kreatief van 15 tot 27 Oktober 1997 eers by die skool en daarna in die George Biblioteek aangebied kon word. 
Die vertoonde werke was onder andere: gedigte, limerieke, haikoe, ABC-rymelary, geleentheidskaartjies, bordspele, gellustreerde idiome en 
kortverhale.

Die eerste twee stadiums van die projek, naamlik die orinteringstadium en die vertoonstadium (voorafgegaan deur insameling, klassifisering 
en gereedmaking vir vertoning) is nou voltooi.

In die derde en laaste stadium, naamlik afronding en bemarking, ontwikkel en toets die kursusgangers op eie inisiatief hul ondernemerskap.

Die geesdrif waarmee die tentoonstelling ontvang is, spreek uit besoekersboekinskrywings en word daarna verder verwoord in die kommentaar 
van die twee projekleiers op hierdie eerstelingpoging.

"Dit inspireer my geweldig!" (Michelle Rutherford)

"Afrikaans leef soos nog nooit!" (Cyndy Liebenberg)

Doe zo voort, was die woorde van prof. Johan Combrink tydens sy besoek aan die   Suid-Kaap.

Ek het as een van die projekleiers baie krag en insig geput uit en self ook ontwikkel deur die kreatiewe werk van die kinders -- dit raak 
ook my werk as taalkundige.

Selfs daardie leerlinge wat voorgeskrewe taalgegewens gekry het om kreatief aan te bied (soos die voorstelling van vanne, plekname, idiome 
en die opstel van grillerige spyskaarte), het met die pragtigste skeppings vorendag gekom. Humor het 'n baie belangrike rol gespeel en die 
limerieke bied in hierdie opsig 'n heerlike leesfees!

Die leerlinge is baie trots op dit wat hulle "self kon maak", kon uitdink. Hulle het tydens die besoek van individuele klasse aan die saal 
op die skoolterrein met groot opgewondenheid eers elkeen sy/haar eie bydrae gaan soek en daarna met openlike belangstelling die klasmaats 
se werk bekyk ... en later in die biblioteek weer gaan bekyk. Hulle gevatte opmerkings in die besoekersboek is 'n vreugde!

Myra se taak het grotendeels saamgehang met die bekendstelling van die projek. Haar opleiding as maatskaplike werker het meegehelp om 
groepsdinamiese elemente binne klasseksieverband te identifiseer en met begrip vir individualiteit, kreatiewe energie positief te 
kanaliseer.

Die kursusgangers was ongelooflik responsief en het werklik verskuilde talent na vore laat kom. Myra bespeur 'n taalhonger onder kinders n 
volwassenes.

Verskeie kursusgangers van die Horskool Outeniqua kry tydens drie agtereenvolgende weke geleentheid om oor Suid-Kaap Stereo hulle bydraes 
te bespreek. Hierdie opgewondenheid is aansteeklik: die kinders, hul ouers, die onderwysers, die publiek -- almal wil skryf en doen en dink 
en skep.

'n Onverwagte ontdekking was die goedgesindheid en ondersteuning van die Engelse gemeenskap van George vir hierdie inisiatief en ook vir 
Afrikaans in die algemeen. Kom ons reageer daarop deur elkeen minstens tien nuwe Engelse vriende te bereik en na ons tentoonstellings, 
Vriende van Afrikaans/projekte/doendinge uit te nooi. Wedersydse respek kweek krisisbestande bande.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5111.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

